NUUS - Kwartaal 1 van 2025
AKADEMIE
Ons is baie trots om aan te kondig dat Hoërskool Transvalia 'n 96.09% slaagsyfer vir Graad 12 leerders in 2024 gehad het. Ons het ook die gehalte van die uitslae verbeter met 257 onderskeidings. Universiteitsvrystellings was 81.8%, 'n verbetering vanaf die 77.83% in 2023.
Ons uitstekende resultate plaas ons as die
beste presterende skool in die distrik en Vaaldriehoek.
BUITEMUURSE AKTIWITEITE
Die skool was vir die duur van die eerste kwartaal betrokke by 'n verskeidenheid sport- en kulturele aktiwiteite, wat atletiek, hokkie, netbal, rugby, rolbal, krieket, bergfietsry, muurbal, koor, skaak en VCSV, ens. ingesluit het.
Die buitemuurse aktiwiteite van die skool is goed op dreef.
RUGBY
NWU SKOLESPORTREEKS
Ons geskeduleerde wedstryd teen Kempton Park is ongelukkig gekanselleer weens slegte weer, wat daartoe gelei het dat beide spanne logpunte gedeel het. Dit het ons vordering in die toernooi afhanklik gelaat van ons prestasie teen Middelburg Hoërskool. Alhoewel dit ons eerste amptelike uitstappie as 'n span was, terwyl Middelburg reeds drie wedstryde gespeel het, het ons 'n stewige prestasie gelewer en waardevolle insigte verkry in ons span se sterkpunte en areas vir verbetering.
O/14 A&B - DERDE OP LOG [SEMIFINALE VS ELDORAIGNE HS]
O/15 A&B EERSTE OP LOG [SEMIFINALE TEEN MENLOPARK HS]
O/16 A TWEEDE OP LOG [SEMIFINALE TEEN MENLOPARK HS]
O/16 B EERSTE OP LOG [SEMIFINALE TEEN MENLOPARK HS]
TWEEDE SPAN EERSTE OP LOG [SEMIFINALE TEEN MENLOPARK HS]
EERSTE SPAN EERSTE OP LOG [SEMIFINALE TEEN MENLOPARK HS]
TOERE
Ons Onder 14 en Onder 15 spanne het getoer na die Outeniqua Rugby Fees in George, Wes-Kaap, vanaf 27 Maart tot 2 April. Hierdie toer het 'n uitstekende geleentheid vir ons jong spelers gebied om blootstelling te kry teen van die beste kompetisie in SA, hul vaardighede te verbeter, en span-samehorigheid te bou.
Ons Onder 16 span het getoer na die Bethlehem Voortrekkers Rugby Fees in Bethlehem, Vrystaat, vanaf 27 tot 31 Maart. Hierdie fees was nog 'n wonderlike geleentheid vir ons spelers om hul vaardighede teen gehalte-opposisie te toets terwyl hulle onskatbare toernooi-ervaring opdoen.
Ons eerste en tweede spanne het getoer na die Glenwood Rugby Fees in Durban, KwaZulu-Natal, vanaf 30 Maart tot 5 April. Hierdie toer is 'n belangrike gebeurtenis vir ons senior spanne, wat blootstelling aan top-vlak rugbykompetisie en verdere geleenthede vir spanontwikkeling en binding bied.
ATLETIEK
Die 2025 atletiekseisoen was 'n sukses. Ons het ons Interhuis-byeenkoms gehou en toe 'n skoolatletiekspan saamgestel om aan komende byeenkomste deel te neem. Hierdie jaar het ons atletiekspan uit ongeveer 200+ atlete bestaan. Massa-deelname was die doelwit gedurende die eerste twee weke waarna die atletiekspan gefinaliseer is.
Ons het drie atletiekbyeenkomste aangebied as deel van ons voorbereiding vir komende kring-, distriks- en provinsiale byeenkomste. Dit is alles binne 2 weke gedoen, wat die harde werk deur alle betrokke onderwysers en personeel toon.
By die C1-byeenkoms het 140 atlete van ons skool deelgeneem. 120 van ons atlete het gekwalifiseer om aan die D8-byeenkoms deel te neem en 'n uitstekende getal van 58 atlete het 'n 1ste of 2de plek behaal om in die D8-span ingesluit te word en ons distrik by die Gauteng Kampioenskap te verteenwoordig.
Op 7 en 8 Maart het hierdie atlete deelgeneem aan die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria. Ons atlete het uitstekend presteer tydens hierdie byeenkoms. 24 atlete het Top 8 posisies behaal, waarvan 12 atlete gekwalifiseer het as deel van die Gauteng Skole Atletiekspan wat aan die Nasionale Kampioenskap in Bloemfontein vanaf 2 tot 5 April deelgeneem het.
Die AVT-span vir deelname aan die ASA Klub Baan- en Veldkampioenskap is aangekondig. 19 van ons atlete het gekwalifiseer vir deelname aan die ASA-byeenkoms in Kaapstad vanaf 27 tot 29 Maart.
Ons Top Atlete het deelgeneem aan die Noordheuwel Top 15-byeenkoms. Ons het 'n Seuns- en Meisiespan gehad wat deelgeneem het aan die Curro Podium Prestige-byeenkoms. Die skool se atletiekspan het deelgeneem aan die Wildeklawer NWU Intersskole-byeenkoms. Transvalia het vierde geëindig in die B-afdeling by die Interskole Super 16.
Geluk aan ons atlete, afrigters en ouers met 'n briljante atletiekseisoen. Geluk aan die atlete wat uitstekend presteer het en ons skool met trots verteenwoordig het.
MUURBAL
Muurbal het in Februarie (elke Maandag en Woensdag) by Mittal Muurbalbane begin. Die Vaaldriehoek Ranglys Toernooi het die eerste ronde in Maart gehad. Transvalia het spelers in die A-poel (gevorderde spelers), B-poel (gemiddelde spelers) en C-poel (beginners) ingeskryf. Die Toernooi sal in die tweede kwartaal voortgaan.
SKAAK
Skaakoefening vind elke Woensdagmiddag van 14:15 tot 17:00 plaas. Ons het 'n vergadering gehad om die Vaal Hoërskole-liga te bespreek wat op 10 Mei 2025 by Hoërskool Suiderlig plaasvind. Ons het drie spanne ingeskryf – O/15, O/17 en O/19. Die elf spelers wat aan die NWU-toernooi gaan deelneem, is gekies. Die toer sal vanaf 14-16 April 2025 plaasvind.
VCSV
Die VCSV-lede het op 14 Maart 'n wonderlike uitreik na die Cathrine Robson-huis vir kinders gehad. Ons leerders het dit geniet om speletjies met die jonger kinders te speel en nuwe vriendskappe met hul maats te bou. Hulle het die glybaan so geniet. Ons het hoenderburgers en ander verversings bedien. Die leerders het skryfbehoeftes saamgeneem en sommige van hulle het klere geneem om by te dra tot die behoeftes van die kinders in die huis. Dit was 'n dag vol pret.
SKOOLKOOR
Na 'n suksesvolle oudisieproses is ons trots om 60 talentvolle leerders te hê wat ons skool met passie en toewyding sal verteenwoordig. Hierdie jaar is ons opgewonde om by die komende kunstefees op te tree en 'n diverse repertoire uit te lig wat wissel van tradisionele Afrikaanse musiek tot klassieke meesterstukke. Ons koor sal ook die geleentheid kry om by plaaslike kerke en in die gemeenskap op te tree, en mense saam te bring deur die krag van musiek. Ons beplan 'n oefennaweek in die nuwe kwartaal. Ons sien daarna uit om 'n kulturele skouspel te lewer wat ons dorp sal inspireer en verhef, terwyl ons die ryk skoonheid van koormusiek vier.
BERGFIETS
Alhoewel dit net die begin van die seisoen is, toon ons ryers groot krag!
Ons ryers neem deel aan ander wedrenne wat nie skoolverwant is nie. Hulle gebruik dit as voorbereiding vir die skoolwedrenne. Ons mees prominente ryers wat aan die XCO-wedrenne deelneem, is Jano van der Merwe en Shanique Marx, wat uitsonderlik goed doen. Shanique Marx presteer uitstekend in die dameswedrenne en maak seker sy is 'n krag om mee rekening te hou.
Alhoewel ons met 'n nuwe groep ryers begin, veral juniors, en 'n nuwe afrigter, is hulle almal baie positief en verbind om hul beste te gee om ons almal trots te maak.
Die eerste skoolwedren is die NWU-Kleinsport, wat in Parys plaasvind, op 14 April.
KRIEKET
Die jaar het begin met ons eerste XI krieketspan wat vanaf 5-10 Januarie aan die Kovsie Smash Krieketreeks in Bloemfontein deelgeneem het. Ons het sewe T20-wedstryde gespeel en vyfde algeheel in die toernooi geëindig – ons wen die Bowl-afdeling. Kriegler Botha het die toekenning as beste bouler van die reeks ontvang.
Kovsie Smash Uitslae:
Vs HTS Middelburg Gewen met vyf paaltjies
Vs Goudveld Gewen met 21 lopies
Vs Kalahari Verloor met sewe paaltjies
Vs Central Gewen met 96 lopies
Vs Wesvalia Verloor met 15 lopies
Vs Rustenburg Gewen met vier paaltjies
Vs Despatch (Finaal) Gewen met 44 lopies
Die O/15A en eerste XI krieketspanne het aan die Johnny Waite Krieketreeks deelgeneem. Die O/15 span is as Wenners van Afdeling 2 gekroon. Die eerste span het ongelukkig in die finaal verloor.
Johnny Waite Uitslae: U/15 span:
Transvalia vs Redhill 16 Oktober ‘25 @ Transvalia Wen met 90 lopies
Transvalia vs Krugersdorp 22 Januarie ‘25 @ KHS Wen met 39 lopies
Johnny Waite Kwartfinaal:
Transvalia vs St Peters 29 Januarie ‘25 @ Old Vaal CC Wen met 9 paaltjies
Johnny Waite Semifinaal:
Transvalia vs Linden 12 Februarie ‘25 @ Linden Wen met 10 paaltjies
Johnny Waite Finaal:
Transvalia vs Krugersdorp 27 Februarie ‘25 @ Verref CC Wen met 27 lopies
Eerste XI:
Transvalia vs Redhill 16 Oktober ‘25 @ Redhill Wen met 10 paaltjies
Transvalia vs Riebeeckrand 21 Januarie ‘25 @ Riebeeckrand Wen met 101 lopies
Transvalia vs Krugersdorp 22 Januarie ‘25 @ KHS Gewen met drie paaltjies
Johnny Waite Kwartfinaal:
Transvalia vs St Peters 29 Januarie ‘25 @ Transvalia Gewen met ses paaltjies
Johnny Waite Semifinaal:
Transvalia vs Heidelberg 11 Februarie ‘25 @ Heidelberg Volk Gewen met twee paaltjies
Johnny Waite Finaal:
Transvalia vs Dr Malan 27 Februarie ‘25 @ Verref CC Verloor met 118 lopies
Ons het reeds proewe gehou vir ons 2025 toer spanne. Toere is soos volg:
1ste XI - NWU Krieketreeks – Potchefstroom
Sportweni Kriekettoer - Port Shepstone
O/15A - Jaru Krieketweek – Rustenburg
O/15B - Montana Krieketreeks – Pretoria
Ons sien uit na die 2025/26 krieketseisoen… Dit beloof om ons krieket verder te ontwikkel, te bevorder en te verbeter.
HOKKIE
TOERNOOIE
Ons o/14 Seuns en dogters neem deel aan die NWU Junior Hokkie kliniek te Potchefstroom. Daar leer hul tonne nuwe vaardighede en speel hul verskeie wedstryde waar hul baie goed vaar teen gedugte skole
Ons o/15, o/16 en 1ste dogters sowel as ons o/16 en 1ste seuns toer na George vir die Mega Sport School Festival.
Hier vaar ons besonder goed, waar al ons spanne onder die top 3 eindig en ons o/15 en 1ste span dogters wegstap as toernooi wenners.
VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYDE
Op 1 Maart het al ons spanne, seuns en dogters, vriendskaplike wedstryde teen Marais Viljoen gespeel, wegwedstryde wat goed benut is om vaardighede aan te skerp.
NWU-REEKS WEDSTRYDE
Ons neem dan ook met trots deel aan die NWU-reeks waar ons spanne oor die algemeen baie goed vaar.
Hier ding ons mee teen skole soos Waterkloof, Menlo Park, EG Jansen, Kempton en nog vele meer.
Algehele posisies in die NWU-reeks:
O/14A Dogters: 7de
O/14B Dogters: 4de
O/15A Dogters: 1ste
O/15B Dogters: 11de
O/16A Dogters: 11de
2de Span Dogters: 11de
1ste Span Dogters: 4de
O/14 Seuns: 9de
O/16 Seuns: 5de
1ste Span Seuns: 7de
NETBAL
SKOOLPROEWE
Die O/14 en O/15 proewe is op 5 Maart by Transvalia gehou, met O/16 tot O/18 proewe op 6 Maart. Ronde 2 vir alle ouderdomsgroepe het op 10 Maart by Dr. Malan in Meyerton plaasgevind. Die GSN-proewe het op 21 en 22 Maart plaasgevind.
Ons het 35 spelers na die D8-proewe gestuur, waarvan 28 na Sedibeng-proewe deurgedring het, en 16 later tot die GSN-proewe gevorder het.
VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYDE
Op 1 Maart het al ons spanne (O/14 A–D, O/15 A–D, O/16 A–C, O/17 A&B, en die 1ste & 2de spanne) vriendskaplike wedstryde teen Marais Viljoen gespeel, wegwedstryde wat goed benut is om vaardighede aan te skerp.
NWU-REEKS WEDSTRYDE
Ons het op 11 Maart teen Kempton Park gespeel. Hierdie wedstryd was uitdagend aangesien dit gereeld gereën het en die veld glad en modderig geword het, maar ons spanne het vasberade gewys en hul beste gegee.
Op 15 Maart het ons teen Middelburg tuis gespeel, met al die spanne in goeie gees en passie.
Die halfeindstryde het op 11 Maart by Dr. EG Jansen plaasgevind, met al die A- en B-spanne van elke ouderdomsgroep wat deelgeneem het.
Algehele posisies in die NWU-reeks:
O/14A: 10de
O/14B: 11de
O/15A: 9de
O/15B: 10de
O/16A: 12de
O/16B: 12de
O/17A: 10de
O/17B: 10de
2de span: 12de
1ste span: 3de
TOERNOOIE
Ons O/16 en O/17 dogterspanne het van 27 Maart tot 1 April 2025 aan die Klofiefees in Pretoria deelgeneem. Die Sportisimo-toernooi by Mutango Lodge het plaasgevind van 1 tot 4 April, met ons O/14 en O/15 spanne wat ook deelgeneem het. Die Rhodes Toernooi in Paarl, vanaf 2 tot 6 April, was ’n belangrike geleentheid vir ons 1ste span om teen topkompetisie te meet.
Ons 1ste span het van 2 tot 6 April deelgeneem en uitstekend gevaar:
Wen teen Bloemhof 37–27
Verloor teen Dinamika 22–25
Verloor teen Menlopark 25–38
Wen teen Rustenburg 31–26
Kwartfinaal:
Verloor teen Paarl Gimnasium 22–38
Plaatwedstryde:
Wen teen Waterkloof 39–29
Wen teen Montana 43–41
Die span het algeheel 5de geëindig – ’n besonderse prestasie teen sterk skole.
OPLEIDING EN SKEIDSREGTERS
Op 15 Februarie is ’n beginner reëlbespreking deur NSA B-skeidsregter Ané Hartman in Vanderbijlpark aangebied, met vier deelnemers waarvan drie hul L1-eksamen geslaag het.
Die gevorderde reëlbespreking het op 22 Februarie by Meyerton plaasgevind, aangebied deur NSA A-skeidsregter Salomé Britz, met nege deelnemers. Een het beide vlak 2 en 3 eksamens geskryf – uitslae wag nog.
Op 27 Februarie is ’n keurderswerkswinkel deur my, Me. Anneli Botes, by Transvalia gehou, met al die A-span afrigters teenwoordig.
Skeidsregtergraderings is gedoen op 6 en 10 Maart, en verdere graderings was beplan vir 17 Maart.
PROEWE
D8-proewe het op 5 en 6 Maart by HOËRSKOOL TRANSVALIA plaasgevind – ons skool het 35 spelers gestuur om deel te neem waarvan 28 deurgegaan het na die Sedibeng-proewe. Uit die 28 spelers wat deelgeneem het, het 16 deurgegaan na GSN-proewe wat op 22 Maart gehou.